Skip to content

Amerika dank hoof van Groenland-militêre basis af vir ondermyning van Vance

# Die hoof van Amerika se militêre basis in Groenland is afgedank oor ’n e-posboodskap waarin sy haar distansieer van vise-president JD Vance se kritiek op Denemarke. Die Amerikaanse Weermag sê kolonel Susannah Meyers is verwyder uit haar pos op die Pituffik-ruimtebasis weens ‘n verlies aan vertroue in haar leiding. Sy sê glo in die boodskap aan personeel dat Vance se opmerkings nie die basis se standpunt weerspieël nie. Die Pentagon sê ondermyning van leierskap is onaanvaarbaar. Vance het ook president Donald Trump se begeerte herhaal om Groenland om veiligheidsredes te annekseer.