# Die Verenigde State belowe om by NAVO te staan nadat Rusland oornag in Pole se lugruim ingedring het. Die Amerikaanse ambassadeur by NAVO, Matthew Whitaker, belowe dat die Withuis elke sentimeter van NAVO-grondgebied sal verdedig. Duitsland het instussen ‘n waarskuwing aan Rusand gerig dat hy teen die indringing sal optree. Die minister van Verdediging in Berlyn, Boris Pistorius, het die Duitse Bundestag meegedeel dat die hommeltuie wat Pole binnegedring het, beslis bewapen was. Duitse Patriot-stelsels is geaktiveer, maar het nie missiele afgevuur nie.
Amerika belowe om NAVO-grondgebied te beskerm, Duitsland waarsku hy sal teen indringing in Pole optree