# Die aktrise Asavela Mngqithi is aangekeer nadat sy glo teen 198-kilometer per uur in ‘n 120-kilometer-sone betrap is op die N2 naby Ellingham in KwaZulu-Natal. Die provinsiale Departement van Vervoer sê Mngqithi, bekend vir haar rolle in Isibaya en Abomama, was in ‘n BMW X3. Sy sal na verwagting môre in Scottburgh se Landdroshof verskyn. Woordvoerder Ndabezinhle Sibiya sê 421 aanklagte vir spoedoortredings is die afgelope naweek uitgereik en een-duisend-719 motoriste aangekla van verskeie ander verkeersoortredings:
Aktrise aangekeer nadat sy glo teen 198 km/h op KZN-snelweg jaag [KLANK]
ENG SibiyaOnActress