# Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 255 mense gearresteer en meer as 50-duisend se boetes uitgereik. Hulle het ook beslag gelê op agt vuurwapens in gebiede soos Manenberg, Lavender Hill en Atlantis. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die Openbare Noodkommunikasiesentrum het die naweek een-duisend-407 voorvalle aangemeld. Dit sluit 96 gevalle van aanranding, 50 van huishoudelike geweld en 44 ongelukke waarby voertuie en voetgangers betrokke was: