# ‘n Groep vroue, insluitend die pop-ster, Katy Perry, maak gereed om later vandag op Jeff Bezos se Blue Origin-vuurpyl die ruimte in te skiet. Daar sal ses vroue aan boord wees: Perry, die omroeper Gayle King, die joernalis Lauren Sánchez, die vuurpylwetenskaplike Aisha Bowe, die burgerregte-aktivis Amanda Nguyen en rolprentvervaardiger Kerianne Flynn. Die vroue is almal passasiers en dus nie in beheer van die vlug nie. Die vuurpyl word vanaf Wes-Texas lanseer, en die sending sal ongeveer elf minute duur.
Aftelling begin vir Katy Perry en Gayle King se ruimte-reis