# Die Afrika-Unie het ernstige kommer uitgespreek nadat Israel bykans 100 teikens in Iran aangeval het, insluitend kern- en militêre persele in Teheran. Voorsitter Mahmoud Ali Youssouf vra die onmiddellike staking van vyandelikhede en dat alle partye uiterste selfbeheersing toepas. Hy sê ook die verwikkelinge is ‘n ernstige bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid. Rusland het ook die aanval veroordeel en is bekommerd oor die skerp toename in vyandelikhede tussen Israel en Iran. Die hoof van die Verenigde Nasies se kernwaghond, Rafael Grossi, sê kerngeriewe moet nooit aangeval word nie.
Afrika-Unie is diep bekommerd nadat Israel kernteikens in Iran aanval