Skip to content

Afrika-sentrums vir Siektebeheer vra Amerika om reisbeperkings na Uganda op te hef

# Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming het Amerika gevra om Ebola-verwante reisbeperkings na Uganda op te hef. Die organisasie se direkteur-generaal, Jean Kaseya, het tydens ‘n konferensie in Accra gesê hy het aan die Amerikaanse minister van Gesondheid, Robert F. Kennedy Junior gesê daar is geen rede om die maatreëls te handhaaf nie. Uganda het die afgelope maand geen nuwe Ebola-gevalle aangemeld nie, en die laaste pasiënt is op 16 Julie uit die hospitaal ontslaan. Die Amerikaanse beperkings geld ook vir reisigers uit die Demokratiese Republiek die Kongo.