# Die Afrika-Ontwikkelingsbank het ‘n 2,5-miljard-rand lening aan die Stad Johannesburg toegestaan. Die fondse is vir noodsaaklike stedelike infrastruktuur-opgraderings vir elektrisiteit, water, sanitasie en afvalbestuur. Hierdie eerste regstreekse lening in Afrika sal meer as ses-miljoen inwoners bevoordeel, verliese verminder en dienslewering verbeter. Die projek beoog om twee-duisend-869 konstruksie-werksgeleenthede te skep en om ekonomiese groei aan te moedig, met streng waarborge vir deursigtigheid en volhoubaarheid. ’n Bykomende toekenning van 26,5-miljoen-rand ondersteun bestuur- en klimaatsveerkragtige inisiatiewe.