Skip to content

Afrika Mayibuye-beweging ontslaan eerste adjunkpresident, Mcinga

# Die Afrika Mayibuye-beweging se nasionale beamptes het eenparig besluit om die eerste adjunkpresident, Nolubabalo Mcinga, weens politieke wangedrag te ontslaan. Die party sê een van die redes vir haar verwydering is haar vergadering met MK-partyleier Jacob Zuma wat nie goedgekeur was nie. Die leier van die beweging, Floyd Shivambu, sê Mcinga se lidmaatskap van die party word behou sodat sy aanspreeklik gehou kan word. Hy sê hulle bly steeds verbind tot integriteit, dissipline en die kollektiewe wil van die beweging.