# AfriForum verwelkom ‘n bevel deur die Hooggeregshof in Pretoria wat die Stad Tshwane opdrag gee om elektrisiteit te herstel aan skole wat afgesny is weens betwiste eiendomsbelastingbetalings. Die dringende saak is aangehoor nadat verskeie skole sonder krag gelaat is, wat onderrig, veiligheidstelsels en voedingskemas ontwrig het. Alana Bailey van AfriForum sê die uitspraak bring verligting vir die betrokke leerders en personeel en vra vir beter koördinering om soortgelyke ontwrigtings in die toekoms te voorkom:
AfriForum verseker elektrisiteit vir sukkelende skole in Tshwane [KLANK]
AFR BaileyOnSchoolsElectricity