# AfriForum het ‘n hofsaak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aanhangig gemaak om die Wet op Onteiening, Wet 13 van 2024, ongrondwetlik te verklaar. Hy voer aan die wet bedreig private eiendomsreg wat onteiening sonder vergoeding toelaat. AfriForum waarsku dit kan lei tot misbruik deur owerhede wat swak bestuur word. Woordvoerder Ernst van Zyl sê AfriForum is gekant teen die bepaling wat grondbesettings tydens hofgeskille toelaat, en sal plaaslik en internasionaal veg om grondeienaars te beskerm:
AfriForum neem Wet op Onteiening hof toe as ongrondwetlik [KLANK]
AFR-VanZylOnExpropriation