Skip to content

AfriForum sê Water- en Sanitasie-departement se oorlog teen lekkasies was volslae mislukking [KLANK]

# AfriForum bestempel die Departement van Water en Sanitasie se oorlog teen lekkasies as ‘n volslae mislukking. Lambert de Klerk van AfriForum sê die projek, wat in 2015 ten koste van 4,7-miljard-rand van stapel gestuur is het die krisis net vererger. De Klerk beweer waterverliese het vanaf 35-persent tot 47-persent gestyg. Die Spesiale Ondersoekeenheid het wydverspreide bedrog, onvolledige werk en wanbestuur aan die lig gebring. Hy doen ‘n beroep op die regering om bekwame gemeenskappe toe te laat om herstelwerk- en infrastruktuur-onderhoud regstreeks te bestuur:

AFR-DeKlerkOnWater