# AfriForum het die Stad Tshwane beskuldig dat hy die organisasie se plan om substasies in die metro te beveilig, verhinder. Talle gebiede in Centurion en Pretoria-Oos was gister sonder krag ná ʼn ontploffing by die Zwartkop-substasie. Verlede maand het ʼn transformator by die Waltloo-substasie aan die brand geraak. Arno Roodt van AfriForum sê verouderde infrastruktuur, swak bestuur, voortslepende kabeldiefstal en sabotasie van infrastruktuur is van die redes vir ontwrigtende brande by substasies.
AfriForum sê Tshwane belemmer sy veiligheidsplan om substasies te beveilig