# AfriForum beskuldig die Stad Johannesburg daarvan dat hy sinvolle openbare deelname aan die begrotingsproses in die wiele ry. Dit volg nadat die metro geweier het om redes te verskaf vir die voorgestelde verhoging van 65-komma-ses-persent van die waterbestuursheffing vir huishoudings. Huiseienaars betaal tans 65-rand-agt-sent, maar die voorgestelde verhoging kan dié bedrag opstoot tot 107-rand-74 per maand. Marais de Vaal van AfriForum sê dit kom voor of inwoners moet opdok vir die metro se mislukkings:
AfriForum sê Stad Johannesburg ondermyn openbare deelname oor verhoging van waterheffing [KLANK]
AFR VaalONBudget