Skip to content

AfriForum kritiseer regering oor geheime gesprekke oor wysigings aan Vuurwapenwet [KLANK]

# AfriForum sê hy veroordeel die regering se geheimsinnige pogings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, om voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer deur te voer, sonder enige verteenwoordiging van die burgerlike samelewing. Nedlac ontken dat hy die proses gelei het. Jacques Broodryk van AfriForum sê die organisasie gaan ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aansoek doen dat die regering bekendmaak presies watter staatsdepartemente vuurwapens besit, en hoeveel daarvan gesteel of verlore is:

AFR BroodrykOnSecrecy