Skip to content

AfriForum gee regering skuld vir mensgemaakte vloedkrisis by Bloemhofdam

# AfriForum sê swak beplanning en die misbruik van die Bloemhofdam as ‘n opgaardam in plaas van ‘n vloedbeheerdam het ‘n mensgemaakte ramp veroorsaak. AfriForum se rampbestuurspesialis, Tarien Cooks, sê die gedwonge oopmaak van sluishekke tydens hoë watervlakke stel gemeenskappe en infrastruktuur in gevaar. Cooks beskuldig die Departement van Water en Sanitasie vir die versuim om meer reservoirs te bou. Sy het bevestig AfriForum het ‘n noodfonds van stapel gestuur as ondersteuning van gemeenskappe wat geraak word.