Skip to content

AfriForum gaan Appèlhof nader oor Mogale-munisipaliteit se elektrisiteitstariewe [KLANK]

# AfriForum sê hy het sy regspan opdrag gegee om die Appèlhof te nader oor die buitensporige verhoging in elektrisiteitstariewe wat die Mogale City-munisipaliteit verlede jaar ingestel het. Die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het AfriForum se aansoek om verlof tot appèl verlede week van die hand gewys. Deidré Steffens van AfriForum sê in die eerste hofbeslissing in Februarie, het die hof in die munisipaliteit se guns beslis en aangevoer die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika moet by die saak betrek word:

AFR DeidréonMogaleCity