Skip to content

AfriForum doen dringende beroep op Tshwane om Wolwespruit-vleiland te red

# AfriForum het ‘n dringende beroep op die Tshwane-munisipaliteit gedoen om die Wolwespruit-vleiland deurlopend skoon te maak. Die munisipaliteit het onlangs talle plakkers hervestig, maar volgens AfriForum was dieselfde mense plus talle ander weer terug in die gebied. AfriForum maan dit skep dit ’n presedent vir alle toekomstige pogings om onwettige besetters van eiendomme in Pretoria te laat verwyder en hervestig. Die munisipaliteit is versoek om onwettige besetters te laat verwyder, gereelde patrollies uit te voer om verdere besetters en onwettige storting te voorkom en strafregtelike stappe teen oortreders te doen.