# AfriForum in Pretoria sê terwyl die Stad Tshwane kopkrap oor tenders, toerusting, arbeid en begrotings, staan hulle nie ʼn oomblik stil nie. Die vier buurtwagspanne in die metro is by die takke in Centurion, Groter Moot en Noord van die Berg geaffilieer en sluit die Pretoria-aksiespan in. Sampie Steinberg van AfriForum sê hierdie buurtwagspanne het reeds 19-duisend-685 hektaar gras gesny, 38 ton vullis opgetel en verwyder, 11 ton teer gebruik om slaggate reg te maak, 26 parke skoongemaak en 49 ton artikels herwin:
AfriForum-buurtwagte lewer positiewe bydrae tot dienslewering in Tshwane [KLANK]
AFR SampieonServiceDelivery