# Die African People’s Convention in Gauteng sê die kies-proses van die Nasi iSpani-aansoeke moet oop en deursigtig wees. Nasi iSpani wil werkloosheid bekamp, die staat se vermoë bou en misdaad bestry deur werkskepping en vaardigheidsontwikkeling by 72 tegniese skole in die provinsie. Premier Panyaza Lesufi gaan die program Saterdag weer bekendstel. APC se provinsiale sekretaris, Thapelo Makgale, sê Nasi iSpani is deurtrek van korrupsie en nepotisme: