Skip to content

Afgaanse Taliban-regering gewaarsku om nie humanitêre hulp aan aardbewing-slagoffers te belemmer nie

# Amnestie Internasionaal beskuldig die Taliban-regering in Afganistan dat hy werksaamhede van humanitêre en hulpagentskappe in die land met beperkende beleide belemmer. Afgaanse vroue word onder meer verbied om vir die Verenigde Nasies in die land te werk. ʼn Aardbewing van 6.0 het Sondag die ooste van Afganistan getref. Een-duisend-400 mense is dood en drie-duisend is beseer. Gister het ʼn naskok van 5,2 voorgekom. Amnestie Internasionaal sê die Taliban de facto owerhede moet aan alle humanitêre organisasies onmiddellike en ongehinderde toegang bied en ontslae raak van administratiewe struikelblokke wat hulpverlening verhinder.