Skip to content

Adjunkminister van Polisie, Paulina Boshielo, gaan voor parlementêre ad hoc-komitee verskyn

# Die parlementêre ad hoc-komitee hervat vandag met ʼn nuwe getuie, die adjunkminister van Polisie, Paulina Shela Boshielo. Sy sal na verwagting lig werp op die werking van die taakspan vir politieke moorde. Die ander adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het verlede week getuig hy is meer as ʼn jaar in die amp, maar weet nog nie wat sy verantwoordelikhede is nie. Woensdag sal die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, getuig en Donderdag en Vrydag kom die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, aan die beurt.