Skip to content

Adjunkminister van Finansies seker dat ‘Begroting 3.0’ goedkeur sal word

# Adjunkminister van Finansies, David Masondo, het die vertroue uitgespreek dat die komende nasionale begroting parlementêre goedkeuring sal verkry. Die vorige twee begrotings is verwerp weens onenigheid met koalisie-lede oor belastingbeleid. Die minister van Finansies Enoch Godongwana sal die hersiene begroting volgende Woensdag indien. Masondo het beklemtoon dat daar nie ’n “Begroting 4.0” sal wees nie, en dat die aangepaste begroting deeglike berdaadslagings en kompromieë binne die regering van nasionale eenheid weerspieël. Hy het benadruk dat die begroting daarop gemik is om staatskuld te stabiliseer en ekonomiese groei te bevorder.