Skip to content

Adjunkminister Nel sê korrupsie het erger invloed op vroue

# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê korrupsie vererger ongelykheid deur bestaande geslagsmagstrukture en raak kwesbare groepe in ‘n groter mate. Hy het die Universiteit Stellenbosch se Simposium oor Geslagsongelykheid en Teen-korrupsie toegespreek. Hy sê korrupsie is nie geslagsneutraal nie en vind plaas binne bestaande strukture van ekonomiese, politieke en maatskaplike mag. Nel sê die Staatskapingkommissie is ‘n duidelike voorbeeld van die sistemiese aard wat korrupsie kan aanneem. Hy voeg by hervormings wat die kommissie aanbeveel het, het sowat elf-miljard-rand aan gesteelde openbare fondse herwin.