# Die adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Dickson Masemola, sê sy departement gaan met provinsiale regerings saamwerk om munisipale rade te vestig. Slegs 72 van die land se 257 munisipaliteite het volstrekte meerderhede opgelewer na verlede week se verkiesing, en politieke partye sal bestuursreëlings moet tref. Masemola erken die samestelling van koalisieregerings in sommige plaaslike owerhede kan die voorgeskrewe tydsduur vir die samestelling van munisipale rade beïnvloed. Hy het die publiek verseker sleutel-munisipale bedrywighede sal voortgaan tydens die oorgang.
Adjunkminister Masemola waarsku onbesliste rade kan samestelling vertraag