# Die adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Mmapaseka Letsike, waarsku ontwikkeling kan nie as ware vooruitgang beskou word as dit lei tot onveilige, ontoeganklike en ongelyke ruimtes nie. Sy bepleit ‘n menseregte-gesentreerde benadering tot infrastruktuurontwikkeling, en voer aan die beboude omgewing speel ‘n kritieke rol in die bevordering van waardigheid, gelykheid en grondwetlike regte. Letsike sê Suid-Afrika se demokratiese projek moet nie net deur wette en beleide gemeet word nie, maar ook deur die gehalte en toeganklikheid van huise, skole, klinieke en openbare ruimtes.
Adjunkminister Letsike vra veilige en toeganklike ontwikkeling