# Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap gaan nie net oor globale sigbaarheid of aansien nie, maar om die agenda van wêreldwye samewerking in lyn te bring met gemeenskappe se prioriteite. Die G20-beraad vind in November in Johannesburg plaas. Morolong sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het verskeie fokusareas, onder meer die hervorming van die digitale ekonomie. Hy sê die presidentskap is ʼn geleentheid om ʼn betekenisvolle bydrae te lewer tot die globale diskoers.
Adjunkminister in die Presidensie sê SA se G20-presidentskap wil globale samewerkingsagenda bevorder