Skip to content

Adjunkminister Hlengwa vra hervorming in die vervoersektor

# Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, sê die vervoersektor is noodsaaklik vir die werking van die samelewing, maar dit sluit mense uit voorheen benadeelde agtergronde, vroue en die jeug uit. Volgens verslae van die kommissie vir breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging was slegs 38,8-persent vervoer- en logistieke ondernemings in 2022 in swart besit teenoor 48,6-persent in 2019. Hlengwa sê die regering is verbind tot ʼn hervormingsproses om die sektor te laat herleef en terselfdertyd by te dra tot die maatskaplike noodsaaklikheid om die samelewing te hervorm.