Skip to content

Adjunkhoofregter Mlambo benadruk die belangrikheid van ‘n onafhanklike regbank

# Die adjunkhoofregter Dunstan Mlambo waarsku dat sonder onafhanklikheid die wettigheid van die regbank en sy vermoë om vryheid te beskerm, sal ineenstort. Hy het gister die hooftoespraak gelewer by die opening van die J20-beraad van Konstitusionele en Hooggeregshowe in Johannesburg. Die tweedaagse beraad word gehou onder die tema Geregtigheid in ‘n tyd van Verandering: Onafhanklikheid, Innovasie en Samewerking. Mlambo sê mense vertrou op die howe vir billikheid en sekerheid, en as onafhanklikheid in die gedrang kom, word die beskerming van hul regte ook in die gedrang gebring.