# Die adjunk Openbare Beskermer, Dinkie Dube, waarsku personeeltekorte, verouderde infrastruktuur en lang wagtye benaadeel dienslewering in die Mahikeng-provinsiale hospitaal in Noordwes. Sy het tydens ‘n beoordeling van gesondheidsdienste as deel van die Goeie Staatsbestuur-veldtog, verwys na pasiënte se klagtes oor lêers wat wegraak en vertragings met dienslewering. Dube beklemtoon die hospitaal se infrastruktuur moet opgeknap en nuwe maniere gevind word om wagtye te verminder terwyl die bevolking aanhou groei.
Adjunk Openbare Beskermer bekommerd oor verouderde infrastruktuur in Mahikeng-hospitaal