# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, het jongmense en alle stemgeregtigde kiesers aangemoedig om môre in groot getalle aan die plaaslikeregeringsverkiesing deel te neem. In 2021 was daar net minder as 4,4-miljoen kiesers in hul twintigerjare op die kieserslys. Daardie syfer het nou met meer as ‘n miljoen toegeneem, met 5,5-miljoen geregistreerde jongmense. Mhlauli sê veral jongmense moet ná die verkiesing steeds ‘n aktiewe rol in demokratiese prosesse speel, deur wyks- en raadsvergaderings by te woon:
Adjunk-minister Mhlauli moedig jongmense aan om te stem [KLANK]
ENG MhlauliOnYoungPeople