# Die Activists and Citizens Forum het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die Madlanga-kommissie se mandaat te verleng, en sê ondersoeke het tot dusver slegs bolangs geraak aan beweerde misdaadnetwerke binne wetstoepassingsinstansies. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, sê onlangse getuienis deur Vusimuzi ‘Cat’ Matlala het bewerings aan die lig gebring waarby senior polisiebeamptes en ander prominente individue betrek word. Die organisasie sê mense wat in getuienis betrek word, moet gedagvaar moet. Die forum voer aan verdere ondersoeke is noodsaaklik vir nasionale veiligheid.
Activists and Citizens Forum vra verdere verlenging van Madlanga-kommissie se mandaat