# Die Activists and Citizens Forum sê Bosasa se voormalige bedryfshoof, Angelo Agrizzi, se pleitooreenkoms met die staat is bittersoet. Hy het gister in die Hooggeregshof in Pretoria skuldig gepleit op drie aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Die hof het hom op elke aanklag tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis, maar die hele vonnis is vir vyf jaar opgeskort weens swak gesondheid. Woordvoerder Dennis Bloem sê Agrizzi se deelname aan die misdade mag nie ligtelik opgeneem word nie:
Activists and Citizens Forum sê Agrizzi se pleitooreenkoms is bittersoet [KLANK]
ENG DennisonAgrizzi