# ActionSA sê die party moet die regering in KwaZulu-Natal oorneem. Die party se Tshwane-burgemeesterskandidaat, Nasiphi Moya, sê eThekwini is belangrik vir die provinsie se ekonomie. Moya het in KwaMashu, Durban, gesê mislukkings in infrastruktuur, riool en munisipale bestuur benadeel sakeondernemings, toerisme, beleggings en werkgeleenthede. Sy sê ActionSA-raadslede verwerp uitkontraktering en eis groter verantwoordbaarheid in munisipale besteding. Moya sê die party is gretig om dienste aan gemeenskappe te lewer:
ActionSA wil eThekwini regeer [KLANK]
ENG-MoyaOneThekwini