# ActionSA vra verligting van brandstofheffings en daadwerklike optrede teen onwettige ekonomiese bedrywighede. Matthew George van die party vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die brandstofheffing te verlaag, aangesien brandstofprysverhogings voedsel- en basiese goedere se pryse verhoog. Hy sê die regering kan dit bekostig nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens meer inkomste as verwag ingevorder het. George sê onwettige handel ontneem die land van werksgeleenthede en belastinginkomste en beloop sowat 15-persent van die bruto binnelandse produk. Hy vra ook ‘n driejaar-bevriesing van aksynsbelasting op tabak en alkohol.
ActionSA vra verlaging van brandstofheffing in môre se begroting