# ActionSA sê die Konstitusionele Hof se verklaring dat belangrike bepalings in die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik is, is ʼn aansienlike oorwinning teen staatsinmenging. Volgens die beslissing is Artikel 36 tot 40 wat betrekking het op die sogenaamde “behoeftesertifikaat”, ongrondwetlik. Dit sou die staat toelaat om te bepaal waar dokters, tandartse, verpleegkundiges en ander gesondheidspraktisyns mag werk. ActionSA sê hierdie uitspraak herbevestig dat gehaltesorg nie bereik kan word deur dwang, burokrasie en gesentraliseerde staatsbeheer nie. Die party vra dat die onderliggende beginsels van NGV heroorweeg word.
ActionSA vra breër heroorweging van NGV se onderliggende beginsels