Skip to content

ActionSA versoek Speaker om ministers oor onverklaarde reiskostes aan te spreek

# ActionSA het ’n beroep gedoen op die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om verskeie ministers wat nie betyds hulle reisuitgawes bekend gemaak het nie, formeel aan te spreek. Die ministers sluit in die Minister van Landbou, John Steenhuisen; die Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni en die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Nokuzola Tolashe. ActionSA voer aan minstens 184-miljoen-rand is reeds aan ministeriële reise bestee, en dat die publiek antwoorde verskuldig is. Lerato Ngobeni van ActionSA het die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, beskuldig daarvan dat hy herhaaldelik toesig vermy.