# ActionSA het ministers veroordeel omdat hulle herhaaldelik Parlementêre vrae ontduik en oorweeg nou regstappe. Die party sê meer as 70-persent van sy 121 vrae wat hierdie jaar ingedien is, bly onbeantwoord, en sekere vrae word eenvoudig geïgnoreer. Die party beskuldig ministers, insluitend die minister van Landbou, John Steenhuisen, en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton Mackenzie, vir die ontduiking van kritiese navrae, veral oor buitensporige luukse reiskoste. Athol Trollip van ActionSA beweer ministers het binne ses maande byna 180-miljoen-rand aan reiskoste bestee.
ActionSA veroordeel ministers vir die ontduiking van parlementêre vrae