# ActionSA sê Suid-Afrikaners verduur steeds skrikwekkende vlakke van geweld en misdaad. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê die 58 moorde en 140 gevalle van seksuele aanranding wat daagliks aangemeld word, kan nie die trauma en vrees wat gemeenskappe in die land ervaar ten volle weerspieël nie. Hy sê ongeveer die helfte van hierdie verkragtings vind óf in die slagoffer óf die oortreder se woning plaas, wat weer bevestig Suid-Afrika benodig ‘n algehele regeringsreaksie op geweld, maatskaplike verval en gemeenskapsveiligheid.
ActionSA sê Suid-Afrikaners verduur steeds skrikwekkende vlakke van geweld