Skip to content

ActionSA se leiers doen oorsigbesoek oral in Tshwane

# ActionSA-leiers, onder leiding van president Herman Mashaba, bring vandag ‘n oorsigbesoek aan fasiliteite en infrastruktuur regoor Tshwane. Die party sê die huidige administrasie het ‘n metro op die rand van ineenstorting geërf, met finansies in wanorde, verwaarloosde townships, en die vorige koalisie se meerderheidsparty het eerder op politiekery gefokus as op die vervulling van sy mandaat. ActionSA sê die terreinbesoeke sal die suksesse wat onder burgemeester Nasiphi Moya en die veelparty-koalisieregering behaal is, vertoon.