# ActionSA sê al is Stad Johannesburg Afrika se voorste handelsentrum, sukkel hy steeds om ʼn betroubare, veilige, bekostigbare en doeltreffende vervoerstelsel te voorsien. ʼn Partywoordvoerder, Lebo Mokoka, sê inwoners staan voor dagbreek op om oorvol taxi’s, onbetroubare busse en treine wat dikwels nie betyds of glad nie opdaag nie, te haal. Sy sê dis die gevolg van jare lange onvoldoende beplanning, swak beleggingsbesluite en ʼn gebrek aan politieke visie oor die sentrale rol wat vervoer in stedelike ontwikkeling speel:
ActionSA sê Johannesburg se vervoerkrisis weerspieël mislukte visie en leierskap [KLANK]
ENG MokokaONTransportCrisis