# ActionSA sê die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om die betrokkenes in die Life Esidimeni-tragedie te vervolg, moet die begin van aanspreeklikheid aandui. Die tragedie het tussen 2015 en 2016 die lewens van minstens 141 psigiatriese pasiënte geëis nadat hulle van gelisensieerde geriewe na ongeregistreerde en swak-toegeruste nie-regeringsorganisasies oorgeplaas is. ActionSA sê Suid-Afrikaners verdien ‘n gesondheidsorgstelsel wat die kwesbaarste beskerm, nie een wat mense blootstel aan skade weens nalatigheid en wanbestuur nie.
ActionSA sê Esidimeni-vervolgings moet die begin van aanspreeklikheid aandui