# ActionSA sê hy is bekommerd oor die oponthoud met die publisering van die Kabinet se prestasie-ooreenkomste en die leefstyl-oudits wat President Cyril Ramaphosa belowe het. Ramaphosa sê in ‘n verklaring in reaksie op die parlementêre leier van ActionSA, Athol Trollip, hulle is nog besig met die leefstyl-oudits. Dit volg nadat 24 amptenare in die Presidensie uitgewys is vir onverklaarde of versteekte bates. Trollip sê die ouditproses – wat reeds in in 2024 begin is – moes reeds afgehandel gewees het.
ActionSA sê die Presidensie sleep voete met die afhandeling van leefstyl-oudits vir Ramaphosa se Kabinet [KLANK]
ENG TrollipOnLifestyleAuditsDelays