# ActionSA sê hy is gekant teen die Departement van Menslike Nedersettings se begroting want dit weerspieël ʼn mislukking om voldoende behuising en basiese dienste aan Suid-Afrikaners te voorsien. In die 2025/2026-begroting is befondsing aan informele nedersettings met 1,1-miljard-rand verminder. ActionSA se woordvoerder, Matthew Parks, sê die stem teen die begroting is nie net weens die ernstige bewerings teen minister Thembi Simelane nie. Die party het strafregtelike klagte teen haar aanhangig gemaak en ʼn klag by die Openbare Beskermer ingedien:
ActionSA sê Departement van Menslike Nedersettings misluk klaaglik in sy mandaat [KLANK]
ENG ParksOnSettlementsBudget