# ActionSA sê die Grondwet moet gewysig word om onwettige immigrante se misbruik van openbare dienste stop te sit. Die party het voorgestelde veranderings ingedien om toegang tot behuising, gesondheidsorg en onderwys te beperk tot slegs burgers en wettige inwoners. Die party vra ook die hersiening van die frase ‘Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon’ aangesien hy voel dit word verkeerd geïnterpreteer. Athol Trollip van ActionSA sê hierdie veranderings is nodig om beperkte staatshulpbronne te beskerm en voorrang te gee aan Suid-Afrikaners se behoeftes.
ActionSA lê grondwetwysigings ter tafel om onwettige immigrasie aan te pak