# ActionSA het kritiek uitgespreek oor die gebrek aan voltooide bekostigbare behuisingsprojekte in Kaapstad se middestad nadat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, erken het geen so ‘n projek is sedert 2017 voltooi nie. Die party sê Winde het aangedui verskeie bekostigbare- en maatskaplike-behuisingsprojekte word beplan, maar nie een is in bykans ‘n dekade voltooi nie. ActionSA sê jare van beplanning en beloftes is nie genoeg nie en bekostigbare behuising moet aan inwoners gelewer word.
ActionSA kritiseer gebrek aan bekostigbare behuisingsprojekte in Kaapstadse middestad