# ActionSA in Tshwane kritiseer die EFF se burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Tshegofatso Mashabela, oor haar reaksie op die voortslepende waterbesmetting in Bronkhorstspruit. Dit volg op die uitbreking van maagdermsiektes onder 408 mense tussen 7 en 18 Oktober. Die meeste pasiënte is jonger as vier jaar. ActionSA-woordvoerder Henriette Frohlich sê Mashabela is nie op die grond saam met burgemeester Nasiphi Moya nie, maar op sosiale media waar sy almal wat haar afwesigheid sedert die uitbreking bevraagteken, aanval:
ActionSA kritiseer EFF-burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid oor reaksie op Bronkhorstspruit-waterkrisis [KLANK]
ENG FrohlichONWaterCrisis