# ActionSA in KwaZulu-Natal het die gewese DA-raadslid, Michael Buthelezi wat skuldig bevind is nadat hy sy lewensmaat en drie kinders vermoor het, se vonnis verwelkom. Die Ladysmith-streekshof in KwaZulu-Natal het hom verlede Vrydag vier lewenslange vonnisse opgelê. Die gewese raadslid van die Okhahlamba-munisipaliteit het sy gesin in Oktober 2023 in hul huis vasgekeer en dit aan die brand gesteek. ActionSA se woordvoerder, Sanelisiwe Zuma, sê moord het geen plek in ʼn beskaafde samelewing nie:
ActionSA in KZN verwelkom vonnisoplegging van gewese DA-raadslid wat lewensmaat en drie kinders vermoor [KLANK]
ENG SanelisiweonDACouncillor