# ActionSA veroordeel die speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, se besluit om die skorsing van die Spesiale en Onafhanklike Ondersoekkomitee op te hef. Die komitee het in Junie 2023 goedkeuring gekry om bewerings van korrupsie deur amptenare van die Groep Forensiese en Ondersoekdienste te ondersoek. Die gewese speaker, Nobuhle Mthembu, het die ondersoeke egter in April vanjaar weens begrotingsprobleme gevries. Marcel Coutriers van ActionSA sê die komitee is net geskep om die stryd teen korrupsie aan te val en verdag te maak:
ActionSA in Johannesburg veroordeel motiewe om skorsing van ondersoek na Teenkorrupsie-eenheid op te hef [KLANK]
ENG MarcelonWitchHunt