# ActionSA in Gauteng het die voortslepende taxigeweld veroordeel wat sedert Januarie 59 lewens geëis het. ʼn Taxi-beampte van die Witwatersrand African Taxi Association, was een van drie wat hierdie week in Mofolo in Soweto doodgeskiet is. John Moodey van ActionSA sê deur hierdie afgryslike dade slegs te veroordeel, het in die verlede niks gehelp nie en sal in die toekoms ook nie, tensy die wet toegepas word. Hy sê die provinsiale regering moet deurslaggewende stappe doen om die slagting te beëindig:
ActionSA in Gauteng sê dringende ingryping is nodig om voortslepende taxigeweld te bekamp [KLANK]
ENG JohnonTaxiViolence